View my ranking

My Sponsors

 

 

 

Verse of the month

"Yea, though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil; For You are with me; Your rod and Your staff, they comfort me." Psalm 23:4

Connect with Jbe on:

 
 
 
Op die skouers van REUSE.
 
Wat n voorreg.
Om te kon groot word in n klein dorpie, met waardes eg Afrikaans, met mense wat almal ken, kinders wat lag en speel in die grond strate en Reuse tussen ons was so algemeen, so as vanselfsprekend.
Seker die Grootste van almal, DR. Hans, wat met sy harde stem, self net sy bestaan, kinders bang gehad het, waarvan ek heel voor was, tog met soveel omgee, soveel liefde n impak in my lewe sou he soos baie min ander.
Vandag onthou ek, My Partner, My “Groot geld” vennoot, wel R5 n gat was baie as jy almal kon wen. Hy het my en sy “bets” betaal sou ons verloor op die golfbaan en ja, as ons wen sou ek, 8/9/10 jaar oud SY “winning” ook kry. Dis hy wat my sy Reuse Ford bakkie, left hand drive,op die golfbaan kom ry, net om te kyk hoe oefen ek, wat my op Kian se bult help leer bunker houe slaan het. Dis Hy wat sou se:” R50 as jy vandag di atletiek wen”, ook Hy wat vir my stokke sou betaal toe my Pa, nog n reus, nie kon nie. Van by Hulle kuier, Cornel se kamer, tot Tannie Nellie se pilletjes ( Smarties, obviously deur DR. hans voorgeskryf), Piepie in di swembad, wat sou kleur verander, net n normale PH toets, hahaha en Ja , my eerste Blou bul rugby trui , is dinge wat my lewe lank n impak sal he. Die swart kat slaan toe, spot spot SY woorde.
Wat n Reus was en SAL Dr altyd bly. Dankie So baie vir nog n pa, nog n held wat Dr altyd was en sekerlik altyd sal bly.
Die stories, die liefde sal nooit vergeet word nie. Geen woorde sal ooit kan saamvat wie en wat DR se karakter Altyd sal wees nie.
Rus sag DR Hans.
Baie baie sterkte
Tannie Nellie Engelbrecht
Johnny Engelbrecht
Cornel Engelbrecht
Marisa Engelbrecht
Hannalie Engelbrecht
Ons almal dink aan julle en bid vir GOD om julle.