View my ranking

My Sponsors

 

 

 

 

Verse of the month

“I pray that out of his glorious riches he may strengthen you with power through his Spirit in your inner being, so that Christ may dwell in your hearts through faith. And I pray that you, being rooted and established in love, may have power, together with all the Lord’s holy people, to grasp how wide and long and high and deep is the love of Christ, and to know this love that surpasses knowledge—that you may be filled to the measure of all the fullness of God. Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us,”
‭‭

Ephesians‬ ‭3:16-20‬ ‭NIV

 

Connect with Jbe on:

Visitors Counter

Today22
Yesterday32
This week247
This month1217
Total90766

Jbé speel plek in Britse Ope los

 

 

Jbé Kruger hou nie gewoonlik baie daarvan om strooijonker op die gholfbaan te speel nie, maar Sondag het dit hom hoegenaamd nie geskeel nie.

Want saam met die gesamentlike tweede plek wat die 30-jarige Johannesburger in die Singapoer Ope behaal het, het ’n welkome bonus gekom: ’n uitnodiging om in Julie in die Britse Ope by Royal Birkdale te speel.

Kruger het Sondag by die Sentosa-gholfklub in Singapoer ’n laaste ronde van 69 (twee houe minder as baansyfer) aangeteken om met ’n totaal van 276 (-8) een hou agter die wenner, Thailand se Prayad Marksaeng, te eindig.

 

Vir die veteraan Marksaeng was ’n ronde van 67 genoeg om sy neus voor Kruger-hulle te hou. Die Suid-Afrikaner was een van vier spelers wat in die tweede plek geëindig het, saam met Younghan Song (69), Yuvic Pagunsan (70) en Phachara Khongwatmai (71).

Die vier Ope-uitnodings is uitgedeel aan Marksaeng, wat aanstaande week sy 51ste verjaarsdag vier, Kruger, Song en Khongwatmai.

“Ek dink dis die beste tweede plek wat ek nog ooit behaal het,” het ’n ingenome Kruger aan The Nation gesê. “Dit sal die tweede keer wees wat ek in die Britse Ope speel en ek is baie opgewonde.

“Dis altyd vir my ’n wonderwerk-week in Singapoer. Ek beskou die baan as een van my drie gunstelinge in die wêreld. Ek het (Sondag) net my bes gedoen en nie eens gedink aan wen nie, want ek slaan die bal nie die laaste paar weke baie goed nie.”

 

 

Copyright © 2016. All Rights Reserved.