View my ranking

My Sponsors

 

 

 

 

Verse of the month

“according to the eternal purpose which He accomplished in Christ Jesus our Lord, in whom we have boldness and access with confidence through faith in Him.

Therefore I ask that you do not lose heart at my tribulations for you, which is your glory. For this reason I bow my knees to the Father of our Lord Jesus Christ, from whom the whole family in heaven and earth is named, that He would grant you, according to the riches of His glory, to be strengthened with might through His Spirit in the inner man, that Christ may dwell in your hearts through faith; that you, being rooted and grounded in love, may be able to comprehend with all the saints what is the width and length and depth and height— to know the love of Christ which passes knowledge; that you may be filled with all the fullness of God. Now to Him who is able to do exceedingly abundantly above all that we ask or think, according to the power that works in us, to Him be glory in the church by Christ Jesus to all generations, forever and ever. Amen.”

‭‭Ephesians‬ ‭3:11-21‬ ‭NKJV‬‬

Connect with Jbe on:

Visitors Counter

Today3
Yesterday39
This week3
This month794
Total96245

‘Mooi gholf’ boaan Jbé Kruger se lys

Deur Marizanne Kok Dinsdag 06 Januarie 2015 3:20 vm.

’n Filosofiese Jbé Kruger het gister sy mikpunte vir 2015 uitgestippel. Foto: Getty Images

Ná top10-uitslae in vyf van sy laaste ses toernooie sou jy verwag dat Jbé Kruger vandeesweek se Suid-Afrikaanse Ope sou binnegaan met die gedagte: “Nóú moet ek ’n slag wen!”

Dís egter nie die geval nie.

Nee, het die 28-jarige Johannesburger  gesê, hy dink hoegenaamd nie daaraan om Sondag die gesogste trofee in SA gholf bo sy kop te lig nie.

Soos elke ander plaaslike speler droom hy daarvan om sy nasionale kampioenskap te wen, maar sy benadering vandeesweek fokus eerder op prosesse as die eindresultaat.

“Natuurlik gaan ’n ou nie ’n toernooi binne en sê ek stel nie daarin belang om te wen nie, maar my doelwit vir dié week is veel eenvoudiger as dit: Ek wil bloot mooi gholf speel,” het Kruger Maandag gesê by die Glendower-gholfbaan in Bedfordview, waar die SA Ope Donderdag begin.

“Dit help niks om te ver vooruit te dink nie, want so laat jy die deur oop vir teleurstelling.”

Kruger het in November 2013 op dié einste baan tweede geëindig in die SA Ope, nadat hy op die Donderdag én Sondag rondtes van 65 aangeteken het.

Die 12 maande daarna het nie vreeslik baie hoogtepunte opgelewer nie, maar teen die einde van 2014 het hy begin spoed optel en in al ses sy laaste toernooie in die top-20 geëindig.

Hy het homself ook bederf met ’n vroeë Kersgeskenk, toe hy in die derde week van Desember ’n kolhou in Doebai aangeteken het.

“Ek dink my benadering om dinge een hou op ’n slag te vat, is waarskynlik die sleutel tot die laaste weke se sukses. Daarby het ek harde werk ingesit om my gholfswaai en myself beter te verstaan, en nou pluk ek die vrugte daarvan,” sê hy.

“Ons as gholfspelers is perfeksioniste en is altyd hard op onsself, maar in die proses kan jy verlore raak, so ons moet waak daarteen.

“Ek dink as jy jou eie beste vriend kan bly wanneer jy gefrustreerd is met wat jy op die gholfbaan verkeerd doen, is die stryd halfpad gewonne.”

Kruger sê hy het vir homself mikpunte vir 2015 gestel, maar gaan dit bloot in sy agterkop hou.

“Top-60 in die Europese Reeks se geldlys, top-10 in Asië en so goed ek moontlik kan vaar in die Sonskynreeks,” rits hy sy lysie af.

“Maar dis net persoonlike doelwitte en ek sal aan die einde van die jaar kyk of alles uitgewerk het soos ek hoop.”

http://www.netwerk24.com/sport/2015-01-06-mooi-gholf-boaan-jb-kruger-se-lys

Copyright © 2016. All Rights Reserved.